Millennials verlaat “die kerk” of soek die kerk hulle ?
Dit klink soos ‘n sondagkoerant lamppaal opskrif: Millennials verlaat “die kerk”. ‘n Soet sappige brokkie nuus waaraan die wêreld hul kan verlustig. Laat die skande nog ‘n paar koerante verkoop, net ‘n paar, want wie koop nog rêrig koerante. Nuus is verniet, ons kry eerstehandse verslaggewing in 140 karakters met ‘n “caption”. Blitsige, rou, roekeloosheid, sonder orige objektiewe partye wat die klimaks versuur. Generasie Y (millennials) moet al gatvol wees vir die media geskepte beeld van ‘n tweeduisender. Ek is… Wie het gevra? Het ek rerig trofees gekry vir deelneem? Is my lojaliteit te koop? Stel ek net belang in selfies?
Simon Sinek se “viral clip” op Youtube vertel selfs waarom ons sulke stoute en slegte werknemers is. Die verlore generasie (Europa) of “born-free” generasie in Suid-Afrika opsoek na hulself. Die fondamente van werk, geloof en verbruik word geruk terwyl hulle leef asof dit die jaar 2000 is, met al sy smeulende versoekings. ‘n Groep siele wat ongeveer 25% van die wêreld se populasie verteenwoordig en oor net 8 jaar, 75% van die arbeidsmark gaan “represent”. Dit is “massive”, dink net aan al die nulle.
Dalk is hier ‘n tweestryd? ‘n Rubicon oomblik of vir millennials ‘n Ned Stark is veroordeel oomblik (ala Game of Thrones). Millennials vs “die kerk”. Ons teen hulle, maar is dit “real” om van iemand te praat sonder om hulle te ken in die gesprek?
Timothy Keller skryf in sy boek The Prodigal God oor die gelykenis van die verlore seun in Lukas 15. Sy verduideliking van die fabel praat van twee verlore seuns. Die ouer broer is ook verlore. Ons almal ken die storie. Die jong rebel (Millennials) wat sy Pa doodwens en nou sy erfporsie geregtig om homself te ontdek in die plesiere van die “real noughties” (dit is immers om en by die jaar nul). Hy kom huis toe, stert tussen die bene, met die wete dat “eer jou vader en jou moeder” dalk vir hom bedoel was om hom te beskerm, hom lief te he. Hy verwag die ergste maar kry eerder ‘n fees om hom terug te verwelkom. Ons Pa se genade ken nie einde nie. As dit net oor genade gegaan het (wat dit kon, want sjoe dis kosbaar), sou die storie hier geeindig het, maar daar is ‘n ouer broer. ‘n Ouer broer (“die kerk”) wat nie hierdie genade wil verstaan of aanvaar nie. “I’ve been picking up the slack for years” en nou moet ek kyk hoe die vetgemaakte kalf vir my rebel broer geslag word. Ek het alles reg gedoen, alles gegee, maar dit realiseer nie in ‘n fees vir my nie. Die Pa se genade ken weer nie einde nie, Hy wil sy oudste ook by die fees hê. Al wil die seun voorsê en dalk sy Pa beheer. Hy pleit egter by Sy seun om ook fees te vier en saam in die liefde te deel.
Twee broers, jonk (millenials) en oud (“die kerk”). Die jonger broer wil vry kom van van sy Vader se huis en die wêreld ontdek. Die ouer broer wil by die huis bly om sy Vader se guns te wen. Selfontdekking of morele submissie, sonde vertoon of sonde verberging, geoordeel of oordeler, liberaal of konserwatief. Is dit ons engiste opsie om tussen die ekstreme ‘n balans te vind?
JESUS… Ons vergeet van die storie Verteller en ons voorbeeld vir die perfekte broer. Verlore word weer gevind as “iemand” daarvoor gaan soek (Luk 15:1-11). Ons is almal saam Christus gekruisig (Gal 2:19-20) en in die eenheid is opoffering en egtheid vanselfsprekend. Jonger broer of ouer broer as ons die kruis verstaan en hoeveel liefde God vir ons het sal ons saam die soek geselskap lei. Die bybel is meestal ‘n storie oor verlore mense wat God soek, Hom vind en dalk selfs weer verloor. Hoekom nie die kalf slag en saam help skryf aan die volgende hoofstuk van die bybel nie.